Friday, October 3, 2008

Astronomie


In hierdie aanbiedings verken ons die ruimte en hemelliggame.
(Die aanbiedings word volgens die ouderdomsgroep aangepas).
Ons vind uit wat die verskil tussen sterre en planete, meteoriete en komete is.
Die ontstaan van die son en planete.
Meteoriete en massa-uitsterwings.
Die maan en getye.
Son- en maanverduistering.
Die ontstaan van tyd, ruimte en die grootte van die heelal.
Ruimtereise en ruimtetuie.
Is daar lewe op ander planete?
Die ontstaan van lewe.

Insekte


Goggas in die klaskamer!

Ons gebruik 'n verskeidenheid insekte en ander geleedpotiges om die diversiteit en lewenswyses van insekte te demonstreer. Dit is ons doel om kinders meer bewus te maak van hierdie ekologies uiters belangrike groep organismes waarsonder ons bestaan baie moeilik sou wees.

Van die onderwerpe wat gedek word sluit in:
Die diversiteit van geleedpotiges en veral insekte.
Die belang van insekte in die ekologie
Insekte en die mens
Spesiale aanpassings by insekte
Voorplanting by insekte
Voeding by insekte

Reptiele


Ons gee praatjies en demonstrasies of "instappies" oor reptiele by skole en kinderpartytjies. Die aanbieding pas in by die kurrikulum en die inligting kan vir skooltake of projekte gebruik word.
Die doel van die praatjies is om kinders aan reptiele bloot te stel en die belang van reptiele in die ekologie te verduidelik.
Verskeie aspekte van hulle spesiale aanpassings, gedrag en lewenswyses word gedek.
Ons gebruik nie-gevaarlike reptiele tydens die demonstrasies.

Fossiele


Ons bring die fossiele van die oertyd na die klaskamer!
Demonstrasies word met regte fossiele, replikas, modelle en skuifies aangebied.
Vir die jonger kinders is daar ook prettige aktiwiteite.
Die volgende onderwerpe word in ons aanbiedings gedek (dit word volgens ouderdomsgroep aangepas):
Die fossielrykdom van Suid-Afrika
Hoe vorm 'n fossiel?
Hoe en waar ontdek mens fossiele?
Watter tipes fossiele kry mens?
Hoe was kontinentale drywing ontdek?
Hoe word die ouderdom van fossiele bepaal?
Oerdiere en hulle omgewings.


Dinosouriërs

Drake in die klaskamer!

Tydens hierdie aanbieding reis ons terug na die oertyd toe drake oor die aarde geheers het. Ons gaan stel ondersoek in na die redes vir die sukses van die reuse reptiele. Ons kyk na die dinosouriërs se bou en ekologiese rol en ontmoet ook van hulle tydgenote - die vlieënde en swemmende reptiele. Vir die jonger kinders is daar prettige aktiwiteite.

Ons aanbiedings oor dinosouriërs sluit die volgende onderwerpe in (verskil volgens ouderdomsgroep):
Ontmoet die Suid-Afrikaanse dinosouriërs.
Hoe verskil dinosouriërs van ander reptiele?
Was dinosouriërs warm- of koudbloedig?
Wat het dinosouriërs geëet?
Wie het die dinosouriërs geëet?
Hoe groot was dinosouriërs regtig?
Wanneer en waar het die dinosouriërs geleef?
Hoe het die dinosouriërs uitgesterf?
Kom daar dalk nog dinosouriërs iewers op aarde voor?

Die aanbiedings oor fossiele en dinosouriër word deur Dr Francois Durand, is 'n bekende paleontoloog wat o.a. dinosouriërs in Suid-Afrika en Zimbabwe opgegrawe het, gedoen. Aanbiedings oor evolusie en die herkoms van die mens is ook op aanvraag beskikbaar.